Anna moet nou begin verbykom en die las help dra

akkreditasie

HAAI, Sonlanders! Dis ’n nuwe week en ons begin met ’n splinternuwe verhaal. Anna Johanna Stoffelina en So Aantes is ELDRIDGE JASON se jongste skryfstuk. Geniet die eerste hoofstuk!

SY WIP van die skrik toe haar slaapkamerdeur met mening oopgeruk word.

Nog dik deur die slaap kom sy stadig orent. ’n Rilling hardloop langs haar ruggraat af toe sy die man herken.

Hy staan haar hele deurkosyn vol. Arms wyd van mekaar soos iemand wie se roll-on onder sy blaaie nie droog word nie.

“Wat ... Wat soek djy?” vra sy astrant. “Hierdie is my personal space. Voe’tjek!”

Hy gluur haar net aan. Sonder ’n woord.

“Het djy nie ore nie, ha?” sê sy weer in ’n skril stem.

“Wil djy hê ek moet my ma roep?”

Binne ’n paar lang treë is hy by haar bed. ’n Arm skiet na vore en hy kry haar aan die keel beet.

Verskrik gaan haar hande na sy hand. Sy voel magteloos, want maak nie saak hoe hard sy probeer nie, sy kan eenvoudig nie daarin slaag om sy greep om haar keel te verslaap nie.

Paniek oorweldig haar. Sy sweer sy kan voel hoe die suurstof haar longe soos ’n vuil uil verlaat.

Met amperse verwondering besef sy dit is sý wat die roggelgeluide maak. Net toe ’n floute haar wil oorval, vat hy sy hand van haar keel af en staan terug. Dan bars hy uit van die lag.

“Djy ... ek sal vi’ djou vrek maak, djy. Wiet djy wies ek?”

Sy probeer haar keel skoonmaak, vryf oor haar keel en gee hom dan die skerpste panga-kyk in haar arsenaal.

“Ly djy dan aan f*kken amnesia lat djy nie wiet wie djy issie?”

“’m ... ’m ... Djy willie hoorie, nuh,” sê hy in ’n passive aggresive stemtoon. “Hou djy maa vir djou slim. Next time ... next time gat djy nie soe lucky issie.”

Dan draai hy om en stap by haar kamer uit. Sy val terug op haar bed. Wadde f*k! Sy was nou amper witbiene!

Sy maak weer haar keel skoon. Sy sal haar kamerdeur moet sluit.

Hoe lank nou al soebat sy haar pa om die ou slot te vervang, maar hy kry mos net nooit tyd daarvoor nie. By hom is elke dag mos “Is f*kkol, is festive”-dag.

Sy sug swaar en beur weer op. Haar lus vir slaap is nou gone with the window. Wie wil anyway slaap as jy so pas ampertjies deur jou eie broer verwurg is?

Sy gooi haar voete van die bed af en soek na haar pantoffels. Slippers is so outyds, maar haar ma hou dik dat hulle nie kaalvoet in die huis moet loop nie. Daai antie is ook vol dinge.

Sy stap badkamer toe, waar sy haar gesig gaan was en haar tande borsel. Vanuit die badkamer kan sy al ruik dat die Jungle Oats al weer op die stoof aangebrand het.

Ai, haar ma is maar nou eenmaal nie ’n Master Chef-kandidaat nie, dink sy en kan nie anders as om te smile nie. Haar ma kan nie kook om haar lewe te red nie. Vra maar vir Spekko-rys, wat al hóéveel keer deur die jare verbrand is.

Toe sy in die kombuis kom, staan haar ma rugkant na haar, besig om ’n pot te roer. Sy stap vinnig nader en kielie haar ma in die ribbes.

Antie Sara Baatjies skrik so groot dat sy amper die lepel laat val.

“O, die bloed!” gil sy. “Wyk Satan, wyk!”

Sy draai om en vererg haar diep toe sy sien dis haar dogter.

“Anna Johanna Stoffelina Baatjies, as ek my sonne nie ontsien nie. Djy kan mos my dood vi’oorsaak deu’ my soe te laat skrik.”

“En so aantes, Mammie, en so aantes. Hoekô moes djulle ’n mens anyway met soe ’n klomp name straf? Wiet Mammie hoe moeilik was dit om al daai name op skool te lee’ skryf?

“En vi’ wat is Mammie dan soe bang vi’ doodgat? Djulle ga’ dan soe baie kêk en praat dan altyd vannie Saligmake’ ontmoet.”

Antie Sara sit die lepel met mening neer en sit almal haar hande in haar heupe.

“Wat praat djy van kêk toe gat, ha? Djy’ dan soe min innie kêk.

“Ek moet gat om te gat bid vi’ djou sonne, djou pa se hoepe sonnes en da’ wil ekkie ees praat van daai broe’ van djou nie.

“Dan moet ek die pastor oek nog vra om te bid soelat djy ’n wêk ka’ kry, want djy praat van skoolgat, but hie lê djy nou al hoe lank op my nek. Djy, djou broe én djou pa. Wiet djy hoe see’ is my nek al van vi’ djulle moet sôre, ha?”

Anna lag so dat daar sulke fyn kreukeltjies op haar neus vorm.

“Is my wêk om op Mammie se nerves te wêk. Of het Mammie dan vigiet?

“Anyway, Mammie wiet dan hoe skaa’s is wêk. En verdere willie mense nie ’n mens reg betaal’ie.

“Kyk dan vi’ Tifanny them, die Engelse mense hie’ oorkantie pad. Tiffany them was soe kwaai in matriek, but sy vie dan nou die paaie skoon.”

Antie Sara blaas haar asem hard uit en skud verwoed haar kop.

“At least doen sy ’n honest job. Maakie saak hoe vrot Ingels hulle innie huis praatie. Sy kruip uit om te gat wêk. Kyk hoe lyk djy. Is al hoe laat, but djy staan nog hie’ in djou pe’jamas.

“Skaam djy nie vi’ djou nie?”

Anna trek haar skouers op. Sy is al so gewoond aan haar ma se uitbarstings dat nie een van haar woorde ’n dent in haar slaan nie.

“Ek wag maa’ vi’ my ridde’ oppie witpêd, Mammie.

“Die ou wat my hie’ gan wegvat. Weg van Mammie wat net soe oppe mens se kop wil pes, weg van Daddy wat al lyk soese Black Label-borrel en weg van Keenan ...”

Antie Anna frons.

“Wat het daai blerrie Keenan nou wee’ gedoen, ha? Vaare, vi’giewe my, but ek hettie vi’ Keenan soe groot gemaakie.

“Vanlat hy mos innie tronk was, dink hy hyse nomme’.

“But ek het mos die anne’ dag gesê: Keenan, djy moet mooi vi’ my lyste’. Hou djy ma’ vi’ djou groot, but hie’ onne’ mý dak bly djy ’n oh-eight-hunnerid nomme’.”

“Nie, is orraait, Mammie; Mammie wiet mos Keenan se kop hak soe sometimes yt. Niks wat ekkie ka’ handle nie. But ek slaapie lekke as Keenan nie innie tronk issie.”

Antie Sara skud haar kop, sug weer en vee dan haar hande aan haar voorskoot af.

“Dis hoekô’ ek vir evangelis Johnny gevra het om uit te kyk virre wêk vi’ djou —”

“Evangelis Johnny? Evangelis Johnny?” val Anna haar ma blitsig in die rede.

“Wiet Mammie die mense noem hom agte’ sy rug ‘Al-Iewag-Lus-Johnny’. Die mense praat ammal van hom wat soe mettie tikkop-meire af vleit toe ry en —”

“Die mense se gat,” val antie Sara haar dogter kwaai in die rede.

“Die mense hie’ in o’s straat wil net skinne’ en virre three-fifty byrie poskantoo’ gat staan.

“Moenie vi’ djou steu’ aan wattie mense sê nie.

“Evangelis Johnny het vi djou ’n job gekry. Is klaa’ wattit soe is ...”

  • Lees môre verder
Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees