Anna dink dit is tyd vir Keenan se ‘Kryptonite’

akkreditasie

HAAI, Sonlanders! Vir Anna is daar maar min om oor te smile. Die pay is in, maar die vreugde is min. Nadat dit so ’n mis-sion was vir haar en die ander werkers om hul geld by evangelis Johnny te kry! Anna verras haar ma met ’n geldjie, maar dan wag daar ’n nare verrassing op haar wanneer haar broer die res van haar pay vat waarmee sy haarself wou bederf. En dié broer ken net niks van brotherly love nie en sê aan Anna dat dit nou elke maand se rob-storie gaan wees. Anna is egter vasberade om haar tronkvoël-broer ’n les te leer. Geniet nou hoofstuk 7 van ELDRIDGE JASON se Anna Johanna Stoffelina en So Aantes...

DAAR is min wat dit ken en min wat dit verstaan.Om geboelie te word is klaar erg, maar as jou eie bloedbloer nog die villain ook is, maak dit dinge soveel erger.

Keenan was nie altyd so nie. As kinders was hulle baie close.

Daar is nou wel ’n gap van vyf jaar tussen hulle twee, maar toe hulle opgegroei het, kon sy wat Anna is, altyd staatmaak op haar broer.

Sy sal nooit die dag vergeet toe dinge handomkeer verander het nie. Dit was die jaar toe Keenan vir die eerste keer hoërskool toe gegaan het. Sommer ná die eerste paar dae van skool was hy ’n ander mens.

Sy was nog obviously op laerskool en het eers nie note gevat van die nuwe tjommie, Clifton, oor wie Keenan so gerave het nie.

Vir haar was Clifton nog altyd net ’n beach – ’n strand waarheen hulle altyd broke ma nie kon afford om hulle heen te vat nie.

Maar Keenan het al hoe meer van dié Clifton karakter begin praat met die grootste van bewondering.

Nie lank nie – sommer nog in die eerste kwartaal – het die skool hul ma ingeroep oor Keenan se gebrek aan dissipline.

Sy wat Anna is, onthou nog baie goed hoe verontreg haar ma gevoel het toe sy “dissiplinêre probleem” in die brief raaklees wat die skool huis toe gestuur het.

Full-force was sy daai dag skool toe, sommer so met pienk gown en sloffies aan. Maar daar, het haar ma later vertel, het sy die skok van haar lewe gekry toe die skool haar die dik lêer wys wat hulle in die eerste twee maande van skool teen Keenan opgebou het.

Dit was ’n combo van dissiplinêre issues wat haar ma en haar oë laat rek het: disrespekvol teenoor die onnie, vloek en skel die opsigter uit, probleme met gesagsfigure, nooit in die klas, bank al wat ’n periode is...

Sy wat Anna is, het nooit in haar lewe só ’n lang lys gesien nie. Haar ma het Keenan ná skool hieroor aangevat, maar eintlik maar niks gekry nie.

Keenan het nie daardie jaar sy eerste hoërskooljaar voltooi nie. Nie lank daarna nie, het hy en Clifton hul eerste van ’n rits sake gevang.

Keenan was al soos ’n huiskind by die hof. Haar ma was later te skaam om haar gesig by die hof te wys en niemand van hulle was die dag daar toe Keenan 20 jaar tronkstraf vir gewapende roof gekry het nie.

Maar voor Judas nog daaraan kon dink om vir hom ’n air fryer met sy 30 stukkies silwer te koop, was Keenan alweer uit op parool. Glo vir goeie gedrag.

Goeie gedrag wat sy wat Anna is, nooit opgemerk het nie.

Hulle was geskok toe hulle Keenan met sy vrylating sien. Sy hele lyf was vol spyker-tjappies.

Dit was net “Me against the World” en “Vlag in jou Maag” waar jy op sy lyf gekyk het.

Baie van die tjappies was gelaai met spelfoute, maar dit het nie gelyk asof dit Keenan pla nie.

Hy het in ’n vreemde taal begin praat wat hy as “sabela” verduidelik het en wild met sy hande begin kommunikeer. Verder het hy die gewoonte gehad om na die ceiling te staar as hy met ’n mens gepraat het – so asof daar ’n invisible friend van hom teen die plafon was.

Gou was hy in hul buurt berug as ‘Keenan die Terrible’ waar hy kinders wat op pad skool toe was van hul lunch money en selfone beroof het. Hy het selfs sover gegaan om mense op AllPay-dag van hul disability grant te beroof.

Haar ma het gevloek, geskel, die bloed van Jesus gepleit, maar niks maak nie.

Nie eens Covid kon Keenan stuit nie. Hy het almal van hulle in die huis aangesteek en sy en haar ma het by die dood omgedraai. Maar Keenan het net ’n ligte hoesie gehad.

Maar as daar één ding is wat sy nou baie goed onthou, is hoe hy altyd skytbang was vir evangelis Johnny.

Sy kon nog nooit uitfigure hoekom Keenan altyd wye draaie om die kerkman geloop het nie.

Haar broer het al almal in hul community gerob. Almal behalwe evangelis Johnny.

Oor die jare het sy agtergekom jy kan net die evangelis se naam noem, dan is Keenan papnat gesweet. En dít is wat sy nou gaan gebruik om hom terug te kry. Sy gaan wraggies nie elke maand haar stert afwerk sodat hy op tik-lollie- outings kan gaan nie. Nie in ’n honderd jaar nie!

Maandag toe sy inklok vir werk, is die eerste ding wat sy doen om aan evangelis Johnny se kantoordeur te gaan klop.

Die ou lyk nie hêppie om haar te sien nie, maar Anna laat haar nie hierdeur van stryk bring nie.

“Ek het Evangelist se hulp norag,” skiet sy sommer uit die heup uit.

Die kerkman frons. Hy het Anna nog nooit so vriendelik gesien nie en kan nie anders as om te wonder wat sy in die mou voer nie.

Sien, mense wat dit hul werk maak om ander in te doen, is mos altyd paranoid dat iemand dit ook aan hulle kan doen.

Anna besluit om oop kaarte te speel en vertel vir Evangelis Johnny die hele se works oor hoe Keenan haar gerob het.

Ook hoe sy te bang was om haar ma daarvan te vertel.

Evangelis Johnny los ’n kragwoord en skuif sy stoel hard agteruit.

“Maar so ’n lui kon....err... kondoom,” vaar die kerkman uit.

“Ai, en djy het sukke mooi geldjies laas maand gemaak. Was een van my star performers. Nie ha-a, soe sallitie ka aangannie.

“Djy gat hierie maand hardere moet wêk, want ek gat djou target opstoot en Keenan gattie dinge vi djou moeilike kô staan em maakie.

“Lossit in my hanne.

“Ek wiet wat om te doen,” sê die evangelis.

Anna kan hom nie genoeg dankie sê nie en stap met ’n veerligte gemoed die kantoor uit.

Maar toe sy by haar cubicle kom, toe val dit haar mos eers by wat die evangelis gesê het.

Sy wil nie ondankbaar klink nie en dit is seker all good en fine dat Keenan se doppie geklink gaan wees. Maar hoe lyk dit dan nou sy sal hierdie maand harder moet werk...en heel moontlik langer moet wag vir haar salaris?

Wat as evangelis Johnny Keenan se arms en bene laat breek... en dan moet sý die doktersgeld betaal?

) Lees môre verder

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees