Anna change haar mind en Rosemary los ’n groot bom

akkreditasie
Oom Sonnie
Oom Sonnie

HAAI, Sonlanders! Anna begin second thoughts te kry oor of dit ’n goeie ding is dat Evangelis Johnny vir Keenan vasvat. Ja, Keenan gaan ’n pyn wees as hy elke maand sy cut gaan verwag van haar swaarverdiende geld, maar sy wil ook darem nie hê hy moet seerkry nie. Hy is immers haar tronkvoël broer... Geniet nou hoofstuk 8 van ELDRIDGE JASON se Anna Johanna Stoffelina en So Aantes...

ANNA kan nie gou genoeg wag om by die werk te kom nie.

Sy moet met Evangelis Johnny praat. Sy het haar mind gechange.

Sy het mooi oor die saak gedink en sy sal maar ’n skietgebedjie opsê na die universe en hoop dat karma haar call gaan antwoord om met Keenan af te reken.

Sy het anyway die vorige aand die een ná die ander nagmerrie gehad oor hoe Evangelis Johnny vir Keenan liederlik ’n pak slae gee.

Toe sy by die werk kom, is dit net sy en Rosemary wat voor die toe deur staan.

Rosemary is mos deedae baie skaars. Skaarser as goedkoop visolie.

Sedert die munity oor onbetaalde salarisse, hou Rosemary haar maar weg van die res van die crowd.

Die twee groet mekaar maar strammerig en elkeen scroll maar deur Facebook op hul selfone.

Anna raak geïrriteerd met die People you may Know-afdeling wat elke keer op haar news feed op pop. Sy kan nie verstaan hoekom Facebook nie maar eerder opkom met ’n People you don’t wanna Know seksie nie.

Rosemary maak haar keel skoon. “Ek sien djy was giste in Evangelis Johnny se office.”

Anna frons. “Ek hettie gewiet ek is onne surveillance nie,” antwoord sy katterig.

“Mag djy dan alien in Evangelis Johnny se kantoo gaat?”

Rosemary raak bloedrooi in haar gesig. “Nee, dissie wat ek mean nie,” antwoord sy vinnig.

“Dis net…daai Evangelis…’n mens moet so kee vi djou wickets.

“Daai oom skimp nou al lank van vi my Spur toe wil vat.”

“Djy wiet natuu’lik hy is agter mee as net buffalo wings aan?” sê-vra Anna.

Aan die way hoe Rosemary ongemaklik staan en rondtrippel weet Anna dat Rosemary vang wat sy impliseer.

“Tell me about it,” antwoord Rosemary dan ná nog ’n sarsie ongemaklike stilte. “Die man kennie van quit’ie.

“Ek hettie werk nôrag, ammal wiet daai. But I am not going to sell my soul, yous all now me. I’m not a jintoe.”

Anna besluit om eerder maar haar mond te hou.

Die stories wat sy al in die cubicles oor Rosemary gehoor het, vertel ’n ander storie aan haar.

Sy het nou al mooi in die lewe geleer dat as iemand aan jou sê hulle is eerlik, eerbaar en kan vertrou word, dan is antonieme kliphard besig met games speel.

Maar wie is sy om anyway te judge. Dis mos nie asof sy by ’n law school was nie.

Op die ingewing van die oomblik besluit Anna om Rosemary in haar vertroue te neem.

Sy vertel kortliks aan haar hoekom sy in Evangelis Johnny se kantoor was.

Rosemary trek geskok haar asem in. “I’m so sorry that you are going through this mess,” sê sy dan. “I’m also making children big and don’t want them to be one day abused by anyone.”

Dis die ‘making children big’ wat Anna se bloed laat kook.

Sy is nou skoon spyt sy het Rosemary vertel van haar stryd met Keenan. Maar dan sê Rosemary ’n ding wat Anna se nekhare laat rys.

“You know, the Evangelist wasn’t always so heilag and what-what.”

“Hoe...hoe mean djy dan nou?” vra Anna nuuskierig.

Rosemary loer eers in die rondte om te sien of een van hulle kollegas nie op pad is nie.

“I don’t wanna talk bad of people and I mos don’t skinne...”

Yeah right, dink Anna, maar besluit om eerder zip te kap.

“Evangelist Johnny was before his bekeerde days, a dangerous man.

“Everybody was bêng of him. Yous don’t know what a fright he gave people. He even went to jail. He told me so himself. In prison he killed a man with his naked hands. His naked hands!”

Anna weet nie hoe kaal hande dan nou moet wees om ‘naked’ te wees nie, maar sy kry wat Rosemary probeer sê: dat Evangelis Johnny in staat is om sy bekeerde baadjie uit te trek en die gangster Rex in hom van sy ketting af te haal.

“So if I want to sort out somebody, I would ask the Evangelist to do that. That dude is the Chuck Norris of his church.

“He’s almost like the one they send to come break your legs or something if you don’t pay your tiendes-goetis.”

Anna wil graag verder praat, maar sien dat die res van hul kollegas aan’t opdaag is.

Maar sy hoef nie meer by Rosemary te hoor om te besef dat Evangelis Johnny nie ’n goeie plan is om Keenan ’n les te leer nie.

Deur die dag probeer sy by Evangelis Johnny se kantoor ingaan, maar die man bly permy op die foon.

Net as sy op die punt is om teen sy kantoordeur te klop, hoor sy dat hy besig is om met iemand oor die foon te gesels.

So mis sy hom die heeldag, want sy moet mos darem ook haar werk doen. Van werk gepraat, is dit ’n stryd, want anders as die vorige maand, werf sy nie so baie kliënte soos wat sy graag wil nie.

Sy wat Anna is, kry die idee dat die ‘Do or Die’ funeral policy nie lank van nou af ’n stille dood gaan sterf.

Toe haar dag minder hectic is, gaan try sy weer haar luck by die Evangelis se kantoor. Toe sy by die deur kom, slaak sy ’n sug van verligting toe sy agterkom dat hy nie met een of ander gesprek besig is nie. Sy is op die punt om te klop, toe Rosemary agter haar antwoord gee.

“Hy is weg virre meeting,” antwoord sy. “He did mention having lunch with...”

Rosemary bly ’n oomblik stil en frons soos wat sy probeer onthou.

“I think he said he’s gonna meet a Weenan...Weegan, Keagan somebody.”

“Keenan?” vra Anna in ’n sagte stemmetjie.

Rosemary se gesig helder op. “Exactly, yes. That’s the name. Keenan. But what a minute. Isn’t your brother’s name-”

“Keenan, ja. Keenan,” val Anna haar in die rede.

“En ek dinkie hierie isse coincidence nie. Jirre, dit lykan nou my worst nightmares gaat nou waa wôd.”

Rosemary probeer haar paai met een of ander holrug geryde comfort-psalmpie, maar Anna se kommer wil nie wyk nie.

Daar is ’n naar kol op haar maag wat niks met ’n moontlike pregnancy te doen het nie...

  • Lees môre verder
Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees