Vark vreet kos uit mense se huise

akkreditasie
kopseer: Dié vark dryf inwoners teen hulle mure uit. Foto’s: mpumi kiva
kopseer: Dié vark dryf inwoners teen hulle mure uit. Foto’s: mpumi kiva

GEORGE. — ’n Vark met ’n vark-gedagte...

Inwoners van die Asazani-plakkerskamp in die township Thembalethu is die hel in vir ’n volgroeide vark wat die audacity het om by hulle hokkies in te bars om kos te steel.

Die groot, wit vark is ’n bekende gesig in die buurt waar hy ronddwaal.

Inwoners vermoed die bacon-mobiel op vier hoëhakskoene behoort aan een van die kleinboere in die omgewing.

Hulle sê dié diere raak nou ’n kopseer omdat hulle heeldag in mense se jaarte ronddwaal en poo net waar hulle kom.

Die betrokke vark het Dinsdag by ’n vrou se tweeslaapkamer-shack ingewals terwyl sy agter besig was om haar wasgoed te was.

Mekkie Thys (61) sê die vark het hom sommer aan haar groente gehelp.

“Ek het nou net die groente gekoop van my pensioengeldjies wat klaar so min is.

“Hierdie is nie die eerste keer dat daai vark my plek inkom en my kos vreet nie,” het Thys gekla.

Sy sê die vark raak nou gewoond daaraan om kos uit mense se huise te steel.

raadop: Mekkie Thys sê die betrokke vark gee haar slapelose nagte.

Nog ’n inwoner, Mkhangeli Sikwanto (56), sê hy was besig om saam met sy buurman af te koel toe die einste vark die shack binnekom en die tafel omstamp.

Vetter

“Toe ek huis toe is, sien ek daai selle vark was ook by my plek en het my kos gevreet.

“Die vark raak al hoe groter en vetter soos wat hy mense se kos opvreet.

“Hy weet presies wanneer ’n mens nie by die huis is nie en dan kom maak hy sy move,” het Sikwanto vertel.

Smanga Sothe (50), wat ook in die buurt woon, sê dit is die verantwoordelikheid van die kleinboere om na hulle diere te kyk.

“Baie mense wat hier bly, is werkloos en afhanklik van staatstoelaes.

“Niemand hier kan bekostig dat ’n vark kom en hulle kos opvreet nie,” het Sothe uitgevaar.

’n Kleinboer in die omtes het aan Songesê hy het nog nie enige klagtes van inwoners gekry oor sy vark se vark-maniere nie.

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees