Toilet nou nuwe tikplek

akkreditasie
Minnie Sanders sê sy is moeg daarvan om agter die tikkop-girls skoon te maak en seker te maak die toiletgeriewe (iNLAS) is skoon vir almal se gebruik.
Minnie Sanders sê sy is moeg daarvan om agter die tikkop-girls skoon te maak en seker te maak die toiletgeriewe (iNLAS) is skoon vir almal se gebruik.
Mpumi Kiva

NEE, kyk, as tikkoppe mors, doen hulle dit behoorlik.

’n Vrou van die GG-plakkerskamp in Oudtshoorn sê sy is gatvol vir tikkop-meisies wat in haar jaart kom tjoef en dan die toilet bemors.

Minnie Sanders (52) sê die meisies tik snags in die communal toilet en laat ’n gemors agter wat sy dan moet skoonmaak. Sanders is werkloos en maak dit haar job om ten minste te sorg dat die toilet skoon is vir almal se gebruik.

Maar sy sê sy het ook nou genoeg gehad van die tikkop-meisies wat oral vuilmaak en spoeg.

“Die toilet is in my jaart, maar dit is vir vier gesinne se gebruik.

Straathoeke

“Die meisies tik in die toilet omdat hulle te bang is om dit op die straathoeke te doen.

“Maar nou is dit ’n nare gesig om te sien, hoe hulle tot op die toilet-pot spoeg en die hele plek vuilmaak,” sê Sanders.

toilet
’n Vrou van die GG-plakkerskamp in Oudtshoorn sê sy is gatvol vir tikkop-meisies wat in haar jaart kom tjoef en dan die toilet bemors.

Sy sê sy hét met die families rondom haar hieroor gepraat, maar hulle vat haar nie kop toe nie.

“Ek kan nie elke aand security speel nie. Ons moet almal verantwoordelikheid vir die geriewe vat.”

’n Ander inwoner, Sasi Nkuna, sê die meisies se optrede is niks anders as disgusting nie.

“Ek het Minnie al by drie vorige geleenthede gehelp om die toilet skoon te maak. Dis mos nie reg dat sy dit elke keer moet doen nie.

“Mense moet met hulle kinders praat, want dit is hierdie kinders wat die plek so opmors,” het Nkuna gal gebraak.

’n Ander inwoner sê sy sukkel al maande lank met ’n boil wat net nie wil weggaan nie. Sy sê dis weens die onhigiëniese sondes wat in die toilet aangaan.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees