Tikkop-meisies bemors communal toilet

akkreditasie
Minnie Sanders by die toilet wat meisies nou hul tik hoofkwartier gemaak het.
Minnie Sanders by die toilet wat meisies nou hul tik hoofkwartier gemaak het.
Mpumi Kiva

NEE kyk, as tikkoppe mors, dan mórs hulle.

'n Vrou van die GG-plakkerskamp in Oudtshoorn, sê sy is gatvol vir tikkop-meisies wat in haar jaart kom tjoef en dan die toilet bemors.

Minnie Sanders (52) sê die meisies tik snags in die communal toilet en laat 'n gemors agter wat sy dan moet skoonmaak.

Sanders is werkloos en maak dit haar werk om ten minste te sorg dat die toilet skoon is vir almal se gebruik.

Maar sy sê, sy het ook nou genoeg gehad van die tikkop-meisies wat orals vuilmaak en spoeg.

Sy vertel: “Die toilet is in my jaart, maar dit is vir vier gesinne se gebruik.

“Die meisies tik in die toilet omdat hulle te bang is om dit op die straathoeke te doen.

“Maar nou is dit 'n nare storie om te sien hoe hulle tot op die toiletpot spoeg en die hele plek vuil maak.”

Sy sê sy het met die families rondom haar hieroor gepraat, maar niemand vat haar ernstig op nie.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees