Struisbaai spog met nuwe vaardigheidsgebou vir leerders

akkreditasie

STRUISBAAI. - Dis ’n belegging in die jeug ter waarde van R36 miljoen wat groot belofte vir die toekoms inhou.

Die Struisbaai Primere Vaardigheidsgebou se deure is onlangs geopen. Dit loop nou saam met die prioriteite van die Wes-Kaapse regering om tegniese en leergeleenthede vir beroepsvaardighede aan leerders te bied.

Alan Winde, premier van die provinsie, en Debbie Schäfer, provinsiale minister vir onderwys, het onlangs die Struisbaai Primêre Vaardigheidsfasiliteit-gebou amptelik geopen.

Die fasiliteit is ’n uitbreiding van Struisbaai Primêre Skool en sal voorsiening maak vir twee nuwe vaardighede vakke wat siviele instandhouding en voedselproduksie insluit.

Die siviele instandhoudingskomponent sal sweiswerk, metaalwerk, houtwerk, loodgieterswerk, elektriese werk, motorwerktuigkundiges, glaswerk en bouwerk insluit, terwyl voedselproduksie op die gasvryheidindustrie sal fokus.

Winde sê die opening van hierdie fasiliteit is van kritieke belang om te verseker dat alle leerders ’n geleentheid het om die vaardighede te ontwikkel wat hulle nodig het om sinvol aan ons ekonomie deel te neem.

Opening
Die inhuldiging van die skool asook leerders wat nou vaardighede ontvang by die nuwe gebou.

“Hierdie unieke skoolgebou, ontwerp deur die argitek Theuns Coetzee, poog om by die spesifieke behoeftes van leerders te pas en het binne minder as ’n jaar ’n volledig toegeruste gebou verskaf.

“Dit het ook die voordeel dat dit maklik aanpasbaar is vir groei, nuwe vakke by te voeg en dalk in die toekoms tot ’n voldienste skool uit te brei.

“Hierdie projek is ’n perfekte voorbeeld van wat bereik kan word deur publiek-private deelname en ek wil die trustees van die Struisbaai SOS Trust en die talle belanghebbendes wat hierdie projek ’n werklikheid gemaak het, prys.

“Julle kan baie trots wees op wat julle bereik het,” sê Winde.

Die bekendstelling is ook bygewoon deur Paul Swart, burgemeester van Kaap Agulhas.Winde meen hierdie is ’n loodsprojek wat in baie gemeenskappe in die Wes-Kaap ontplooi kan word om leerders toe te rus met diensbare en ekonomies lewensvatbare vaardighede.

Voor die totstandkoming van die nuwe fasiliteit het 27 leerders in Januarie die vaardigheid onderrig by Onse Hoop gemeenskapsentrum begin en het sedertdien aan die begin van die tweede kwartaal na die nuwe fasiliteit verhuis.

Minister Schäfer het uitgebrei oor die vennootskap wat hierdie skool ’n werklikheid gemaak het.

Spreek toe
Debbie Schäfer, provinsiale minister vir onderwys, het onlangs die Struisbaai Primêre Vaardigheidsfasiliteit-gebou amptelik geopen.

“Die mense van Struisbaai het geweet wat plaaslike besighede en leerders nodig het.“Hulle het na die tafel gekom omdat skoolonderrig nie net ’n kwessie van welstand is nie, maar dat dit ’n integrale deel van ekonomiese groei en werkskepping is.

“Skole is die dryfkrag van ons ekonomie en vennootskappe soos hierdie is die brandstof vir ons leerders se toekoms.

“Baie leerders wat akademies ly, het ’n groot aanleg vir praktiese vaardighede.

“Met die ontwikkeling van toepaslike vaardighede maak hierdie projek die deur oop vir indiensneming en entrepreneuriese besighede vir hierdie leerders,” sê Schäfer.

Van die R36 miljoen wat vir konstruksie gebruik is, het die WKOD 40% van die totale begroting bygedra en die Struisbaai SOS Trust het hom daartoe verbind om die ander 60% in te samel deur skenkings van private en korporatiewe skenkers, opvoedkundige trusts en individue.

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees