Nuwe uitkyktoring vir redders ná ou een uitgebrand is

akkreditasie
Die nuwe uitkyktoring is gebou uit 'n tipe fibre glass ter waarde van R140 000.
Die nuwe uitkyktoring is gebou uit 'n tipe fibre glass ter waarde van R140 000.
Verskaf

GEORGE. – 'n Splinternuwe toring is opgerig vir die lewensredders by Gwaiing-strand nadat die vorige een gevandaliseer is.

Volgens die George-munisipaliteit was dit die werk van vandale wat die uitkyktoring aspris aan die brand gesteek het in Maart of April verlede jaar.

Volgens Neels Barnard, die brandweerhoof, is die nuwe uitkyktoring gebou uit 'n tipe fibre glass ter waarde van R140 000.

Barnard het ook weer 'n beroep op inwoners gedoen om op die uitkyk te wees vir vandale wat publieke plekke langs die strande vandaliseer omdat dit tot almal se nadeel is.

Ook in verlede jaar moes R30 000 opgedok word om die publieke toilette langs die strand weer op te knap nadat vensters en pypwerk beskadig is.

Oortreders staar 'n kriminele oortreding in die gesig wat hulle skuldig maak aan vandalisme.

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees