Laitie van 12 steek glo een van 15 dood

akkreditasie
’n Gemeenskap is in rou en skok nadat ’n tiener op Jeugdag doodgesteek is en ’n ander klong vir dié moord gearresteer is.
’n Gemeenskap is in rou en skok nadat ’n tiener op Jeugdag doodgesteek is en ’n ander klong vir dié moord gearresteer is.
ter illustrasie: Gallo iStock

CALITZDORP. – Families hier is in twee geskeur ná die tragiese dood van Heinrich Weyers.

Die voorval het op Jeugdag gebeur toe twee maats in Bergsig glo ’n onderonsie gehad en een ’n mes uitgepluk het om Heinrich te steek.

Een noodlottige hou het Heinrich (15) in die borskas getref en hy het gesterf nadat hy gesteek is.

Khakie Willemse, ’n plaaslike gemeenskapsleier, het gesê: “Dis nog te seer en te bitter vir die ouers om nou al hieroor te praat.”

’n Mammie wat met die families bevriend is, vertel: “Dit was so onverwags. Albei families is in ’n toestand.

“Hulle is histeries.

Toekoms

“Geen ouer wens dit vir sy kind toe nie.

“Nie die een wat gesteek het nie, en ook nie die een wat doodgesteek is nie.

“Een ouer het ’n kind verloor en die ander een sit met die seer van ’n kind wie se toekoms nou onseker is.

“Mag die Vader albei gesinne se seer vertroos. Ons dorp is diep geskok.”

Sers. Chris Spies, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n ondersoek deur die speurders het gelei tot die arrestasie van ’n 12-jarige verdagte.

“Hy is later in die sorg van sy ouers vrygelaat en sal binnekort in die hof op ’n klag van moord verskyn.

“Die ondersoek na die voorval duur voort,” sê Spies.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees