’N 15-jarige seun van Dysselsdorp is in die Oudtshoorn-streekhof aan verkragting van ’n elfjarige seun en aanranding met die opset om ernstig te beseer, skuldig bevind en vonnisverrigtinge is tot Junie-maand uitgestel.
Die jeugdige erken in sy pleitverduideliking dat hy op 20 Januarie 2021 die elfjarige verkrag het en op 18 Augustus 2021 iemand anders met ’n gebreekte bottel gesteek het.
Hy het ook erken dat die verkragting sonder toestemming plaasgevind het.
Die aanranding het gebeur nadat die klaer en nog vriende hom die vorige aand glo oor ’n meisie geterg het. Hy en die slagoffer het saam met nog vriende gedrink en hulle het hom glo almal aangerand.
Hy het erken dat hy in albei gevalle verkeerd opgetree het, en daarvoor gestraf moet word.
Die staat het het sy pleitverduideliking aanvaar