Tieners dalk deur gifgasse oorval

akkreditasie
Die tieners het Saterdagaand tot Sondagoggend in die tavern gepaartie en volgens 'n ondersoeker het die polisie 'n petrolopwekker in die tavern gekry.
Die tieners het Saterdagaand tot Sondagoggend in die tavern gepaartie en volgens 'n ondersoeker het die polisie 'n petrolopwekker in die tavern gekry.
Malibongwe Dayimani/News24

KOOLSTOFMONOKSIDE is heelmoontlik die oorsaak dat 21 jong mense Sondag in die Enyobeni Tavern in Scenery Park, Oos-Londen in die Oos-Kaap gesterf het.

Bronne na aan die ondersoek sê die tieners is heelmoontlik deur giftige gasse oorval van 'n petrolopwekker wat in die tavern gebruik is.

Die kinders wat gesterf het was tussen die ouderdomme van 13 en 17.

Volgens voorlopige uitslae wys dit dat spore van koolstofmonokside in die slagoffers gekry is.

Die finale uitslae van die lykskouing sal Woensdag of Donderdag bekend gemaak word.

Die tieners het Saterdagaand tot Sondagoggend in die tavern gepaartie en volgens 'n ondersoeker het die polisie 'n petrolopwekker in die tavern gekry.

Daar word verneem die petrol was op in die opwekker toe dit gekry is.

Volgens die Oos-Kaapse departement van gesondheid, is monsters na die Universiteit van Kaapstad (UCT) gestuur om verdere ondersoek te doen.

News24 berig die forensiese laboratorium by UCT gaan ook deur die tieners se maaginhoud voordat finale bevindings gemaak word.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees