Die polisie in Gqeberha soek hulp

akkreditasie
Die polisie in Gqerbha soek die publiek se hulp.
Die polisie in Gqerbha soek die publiek se hulp.
foto verskaf

DIE Gqeberha-polisie soek die publiek se hulp om twee moordverdagtes op te spoor nadat 'n 52-jarige vrou Woensdagmiddag doodgeskiet is.

Volgens 'n woordvoerder van die polisie, kol. Priscilla Naidu, het twee mans Woensdag omstreeks 12:40 by die besigheid in Mtiya-straat, New Brighton ingegaan.

"Hulle het Bongiwe Hani en haar medewerker in die kombuis gedreig.

"Hulle het geld geëis. Een van die verdagtes het 'n vuurwapen op die twee slagoffers gerig.  

"Die tweede verdagte het sy vuurwapen oorgehaal en 'n skoot het afgegaan en hy het sy makker gewond."

Volgens Naidu is die twee slagoffers beveel om op die grond te lê en Hani is in haar rug deur die gewonde man geskiet. Hy het toe by die huis uitgestrompel.

"Die tweede verdagte het haar in die kop geskiet."

Niks is gevat nie en die verdagtes is onbekend.

Mense met inligting kan die speurder.lt.kol. Willie Mayi van georganiseerde misdaad bel op 082 697 5914 of Crime Stop op 08600 10111 of kontak jou naaste polisiestasie.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees