Cop vas ná kollega se raaiselagtig dood

akkreditasie
Sers. Sindile Godfrey Daniels
Sers. Sindile Godfrey Daniels
verskaf

'N VROULIKE cop verbonde aan die anti-gang unit in Gqeberha is gearresteer in verband met die moord op 'n kollega.

Sers. Sindile Godfrey Daniels is op 17 Junie tydens patrollie raakgeskiet en is met sy aankoms by Mercantile-hospitaal dood verklaar. 

Die skietvoorval kom nadat drie lede van die anti-gang unit in KwaDwesi gepatrolleer het. Daar het hulle drie mans voorgekeer en deursoek. 

Daarna is hulle terug na die voertuig waar drie ander lede ook gewag het.

Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder vir die Valke, sê 'n skoot het afgegaan, maar niemand het iets daarvan gedink nie en die polisielede het weggery.

"Die polisielid het van agteraf aan sy kollegas gesê dat hy nie lekker voel nie en dat sy maag seer is. Hulle het toe besef dat hy geskiet is en het met hom na Mercantile-hospitaal gehaas waar hy met sy aankoms dood verklaar is. Die oorledene het een skietwond aan die linkerkant van sy maag gehad," sê Mgolodela.

Die ondersoek na die skietvoorval het tot die arrestasie van die 31-jarige verdagte gelei. Sy sal Donderdag in die hof verskyn.
Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees