Stage 6 is met ons

akkreditasie

WAT het ons verdien om só te suffer?

Dís die desperate noodkreet van hordes Suid-Afrikaners nadat die land se voormalige energie-reus, die gordyn van stage 6 loadshedding op almal laat sak het.

Eskom wys vinger na voortslepende loon-protesoptrede en ’n gebrek aan voldoende opwekking, as redes oor hoekom winter vanjaar donkerder as ooit tevore gaan wees.

Almal was nog so opgemaak ná die onlangse aankondiging dat die dra van gesigsmaskers nie meer ’n móét is nie.

Masker

Nou lyk dit of almal - of jy wil of nié - die stage 6-masker van loadshedding sal moet dra.

Covid-19 en die daarmee gepaardgaande harde lockdown was reeds hard op die plaaslike ekonomie.

Nou gaan stage 6 loadshedding, veral kleinsakeondernemings, nog verder oor die afgrond stoot.

Só voel Rosheda Muller, president van die SA Informal Traders Association (SAITA).

“My seun het my nou net gebel en gevra; ‘Mamma, weet Mamma jy sal nou nie meer jou besigheid kan operate met die krag wat heeltyd so af sal wees nie.’

“Ek is ’n vervaardiger in die klerebedryf en as daar load­shedding is, kan ons masjiene nie werk nie, die snymasjiene kan nie opereer nie.”

traders
Die president van die SA Informal Traders Association (SAITA), Rosheda Muller, sê klein besighede sal erg deur stage 6 geraak word.

Sy sê verder die bedryf het nog nie eers van die impak van die lockdown herstel nie, en nou kom daar nog ’n uitdaging, wat die industrie verder sal laat agteruitgaan.

“Die impak gaan lelik wees op ons as kleinhandelaars. En om dinge erger te maak, niemand van die regering of Eskom sien kans om vir ons van dié stages van loadshedding te laat weet nie.

“Dis amper soos dit gewees het met die lockdown, niemand het geworry om met ons oor die vlakke te consult nie - dis net geïmplementeer.

“Nou kom dié kwessie van loadshedding ook. Dit sal ons baie sleg affekteer, veral diegene wat staat maak op elektrisiteit om te werk.

“Soos klere- en- tekstiel-fabrieke, barbershops, salons, bakeries. En dis nie asof ons geld het wat rondlê om generators te koop nie.

“Die informele sektor het nie geld om in alternatiewe kragbronne soos generators te belê nie. Daar’s bloot geen kapitaal nie,” sê Muller.

Sy meen as die regering nie ingryp en die informele handelaars geld gee nie, gaan baie gesinne binnekort sonder ’n inkomste sit.

“Die kwesbare besighede gaan die meeste affekteer word.”

geordin hill-lewis
Die Kaapse mayor, Geordin Hill-Lewis, sê die Stad Kaapstad sal alles in sy vermoë doen om Kapenaars van hoër fases van loadshedding te beskerm.

Intussen het die Stad Kaapstad gesê hy gaan alles in sy vermoë doen om Kapenaars van hoër stages van loadshedding te beskerm.

Die Kaapse mayor, Geordin Hill-Lewis, sê dit sal gedoen word deur middel van die Steenbras Hydro Pumped Storage Scheme.

“As stad sal ons alles doen wat ons kan om ons inwoners te help, dienslewering en infrastruktuur te beskerm en ons netwerk stabiel te hou.”

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees