Persoon sterf wat Covid-19-entstof kry

akkreditasie
Iemand is dood nadat entstof teen die virus geneem is.
Iemand is dood nadat entstof teen die virus geneem is.
Ter illustrasie

EEN persoon wat die Johnson & Johnson-entstof teen die corona-virus geneem het, het gesterf.

Die South African Health Products Regulatory Authority (Sahpra) sê hy is ingelig van iemand wat Guillain-Barré sindroom (GBS) opgedoen en gesterf het nadat hy die J & J-entstof gekry het.

Sahpra het die aankondiging Donderdagoggend gedoen. Hy sê GBS is 'n seldsame verskynsel wat die liggaam se immuunstelsel affekteer. Die enststof is van die eerste wat in Suid-Afrika gebruik is en is op 17 Mei 2021 begin gebruik.

Teen 4 Augustus het altesaam 9 135 189 mense die Johnson & Johnson-entstof ontvang.

Sahpra werk nou saam meet die nasionale departement van gesondheid en die National Immunisation Safety Expert Committee (NISEC) om enige nadelige gebeure te ondersoek.

Owerhede het wel voorheen ondersoek ingestel nadat verslae uitgekom het van GBS wat met Covid-19-entstowwe verbind kan word.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees