
'N OUMA van 82 oud is deur die polisie van Mpumalanga gearresteer nadat hulle 3 kg dagga op haar gekry het.
Die dagga was aan haar lyf vasgemaak en sy het dit vermoedelik getraffic.
'n Woordvoerder van die polisie, brig. Selvy Mohlala, sê lede van Tonga was besig met patrollie Donderdagoggend by Magudu in Nkomazi, naby die grens van Eswatini.
"Hulle het 'n kombi gesien met pendelaars en dit gestop en deursoek. Dis toe dat die ouma gekry is met die dagga wat op haar lyf vasgemaak was.
"Sy het 3.88 kg dagga ter waarde van R6 000 op haar gehad. Sy is aangekla en het Donderdag in die hof verskyn."
Sy het Donderdagaand in die selle oorgeslaap en weer Vrydag in die hof verskyn.
Volgens Mohlala is die saak van die rol geskrap en sy het tronkstraf vrygespring. - TimesLive