
DIE Ndlovu-jeugkoor het ’n boodskap van hoop vir Suid-Afrika gebring ná die gewelddadige plundering wat die laaste paar dae regoor die land gesien is.
Die vernietigende plundery en geweld (tot op hede is 72 mense dood) het gevolg ná die opsluiting van oudpres. Jacob Zuma, met sy ondersteuners wat daarop aandring dat hy summier vrygelaat moet word.
Vertolking
Dié plundering wat in KwaZulu-Natal en Gauteng plaasvind, het baie Suid-Afrikaners angstig en vreesbevange laat voel.
Algoa FM News berig in die hoop om Suid-Afrikaners in sang te verenig, het die koor besluit om ’n innige vertolking van die Zoeloelied “Mangisondele Nkosi Yam” te deel. Dit beteken: “Laat my nader aan my Here wees.”
Ndlovu se inskrywing op Instagram is gepost met die byskrif: “Ons bid vir vrede in ons pragtige land in hierdie moeilike tye. God seën Suid-Afrika.”