
WEES waaksaam.
Dis die versoek van die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, nadat nog 'n geval van monkeypox aangemeld is.
Die tweede geval is in Kaapstad aangemeld, van 'n 32-jarige man wat ook nie gereis het nie.
Dit kan beteken die man is plaaslik aangesteek.
Monkeypox is nie so aansteeklik soos smallpox nie en mens word ook nie so siek nie. Maar die situasie is stadig besig om te ontwikkel met nog sake wat aangemeld word.
Phaahla raai mense aan om goeie higiëne en ander voorkomingsmaatreëls toe te pas, wat ook effektief is teen Covid-19 en ander aansteeklike siektes.
Die bron en hoe sake met mekaar verbind word, word ondersoek.
Volgens die minister werk die departement van gesondheid en die National Instituut vir Oordraagbare-siektes saam met die Wêreldgesondheidsorganisasie om die situasie te monitor.
Daar is nog geen reisbeperkings deur WHO ingestel nie, maar dit is belangrik vir mense wat na lande reis waar endemies is, om gesondheidsbeamptes in te lig.