Mkhwebane verloor saak teen CCMA

akkreditasie
Busisiwe Mkhwebane
Busisiwe Mkhwebane

DIE CCMA het teen die openbare beskermer beslis nadat sy 'n werker onregverdig afgedank het.

Sphelo Samuel is deur Busisiwe Mkhwebane afgedank nadat hy in 2020 'n brief aan die parlement geskryf het om die openbare beskermer se optrede te ondersoek en te kyk na die wanbestuur van finansies by die instelling.

Die CCMA het gesê Samuel moet heraangestel word in sy pos en back-pay kry van R1,5 miljoen.

James Matshekga, die kommissaris, het beveel dat Samuel voor 4 Julie aangestel moet word en sy salaris van 12 maande moet inbetaal word.

Hy het gesê die afdanking was onregverdig.

Samuel was die Bloemfonteinse verteenwoordiger van die openbare beskermer in 2020 en hy het 'n ondersoek na Mkhwebane aangevra.

Matshekga het gesê die openbare beskermer het Samuel voor 'n dissiplinere verhoor laat verskyn en hom aangekla van wangedrag.

Mkhwebane was in die spotlight omdat die parlement besig is met 'n ondersoek om te kyk of sy geskik is om haar werk te doen.

Sy is verlede maand deur pres. Cyril Ramaohosa geskors. 

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees