Marno (5) ontslaan uit hospitaal

akkreditasie

DIE vyfjarige Marno Muller wat gewurg het toe hy verlede maand aan 'n slide by sy kleuterskool in Springs, Gauteng gehang het, is by die huis.

Die toutjies van sy klere het by die kleuterskool aan die slide vasgehaak toe hy afgegly het. hy was 'n ruk sonder suurstof en hy was in die intensiewe sorg-eenheid in die hospitaal.

Klein Marno is by die huis en herstel goed.

Volgens sy antie Nadia Minnie, het Marno Woensdagaand huis toe gegaan.

Sy het gesê hy herken sy ma en hy eet, sit regop en kan self loop.

Minnie sê die dokter dink nie dis nodig om 'n MRI scan op die oomblik te doen nie, omdat hy so goeie vordering maak.

As Marno wel 'n terugslag ervaar, sal dit gedoen word. - The South African

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
48% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees