Man vas vir moorde op ouma, ma en kind

akkreditasie
Die polisie het 'n man gearresteer vir drie grusame moorde in Pietermaritzburg.
Die polisie het 'n man gearresteer vir drie grusame moorde in Pietermaritzburg.
André Damons

DIE polisie in KwaZulu-Natal het 'n 29-jarige man gearresteer vir sy moontlike betrokkenheid by die moorde in van 'n ouma, ma en dogter in Pietermaritzburg.

Die 65-jarige ouma is verwurg  en die 46-jarige ma en haar 8-jarige dogter is verkrag en toe verwurg.

'n Woordvoerder van die polisie, konst. Thenjiswa Ngcobo, sê 'n familielid wat op die drie lyke afgekom het, is erg getraumatiseerd.

"Die lyke het op die vloer van hulle huis in Dube-rylaan, Sobantu in Pietermaritzburg, gelê. Almal het wurgmerke aan hul nekke gehad.

"Die polisie het mense in die omgewing begin ondervra en het by die man aangekom. Ngcobo sê die polisie was stomgeslaan toe hulle by die man kom en sy klere was vol bloed.

"Hy kon nie 'n goeie rede gee waarom hy vol bloed is nie en hy is in hegtenis geneem." 

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees