Man kry nie bail na aanrand-saak van seun

akkreditasie
Corrie Pretorius in die landdroshof in Groblersdal. Foto: Deaan Vivier
Corrie Pretorius in die landdroshof in Groblersdal. Foto: Deaan Vivier

'N OOGGETUIE in die saak in Groblersdal in Limpopo waar 'n man aangekla word dat hy 16-jarige seun aangerand het, sê Corrie Pretorius was uitgelok.

Pretorius het Woensdag in die Groblersdal se landdroshof verskyn.

Hy het aansoek gedoen vir bail maar dit is afgekeur.

Sy lawyer JJ Venter sê hulle het ooggetuie se verklaring wat die aand gebeur het toe Pretorius na bewering die seun aangerand en 'n vuurwapen op hom gerig het.

Die staat het dit teengestaan en sê dit kan in die hofsaak aangehoor word en  dit het niks met die aaansoek om bail uit te waai nie.

Die ooggetuie sê Pretorius en sy dogter was in 'n vis en chips winkel en tieners wat in die winkel was, was dronk en het in die winkel gemors.

"Een van die tieners het vir chips gevra en sy hand in die pakkie van Pretorius gedruk waar die kos in is.

"Hy het Pretorius ook gevloek."

Pretorius is uit by die winkel en dinge het handuit geruk en hy het die tiener op die grond gegooi. 

Die saak is tot 6 September uitgestel.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees