
Leeus stap in die Kruger-wildtuin.
Verskaf
DIT was 'n gesig om te aanskou toe vier groot leeus 'n traffic jam in die Krugerwildtuin veroorsaak het.
Rodney Nombekana, 'n wildelewe-fotograaf, het 'n video geskiet waar die leeus tussen die karre stap.
Die traffic jam het ook meer as 'n kwartmiljoen likes van sosiale media gebruikers gekry.
Daar was mense wat kritiek gelewer het dat daar so baie karre en mense is.
Nombekana het die video verdedig en gesê die park is een van die grootste parke in die wêreld en die diere is nie ingehok nie en loop los rond.
"Die paaie in die park vorm net 'n klein deel daarvan." - SA People News