Kommer oor verspreiding van monkeypox

akkreditasie
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê monkeypox bekommer hulle.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê monkeypox bekommer hulle.

DIE  Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) is bekommerd oor die verspreiding van monkeypox in sekere lande.

Dit is spesifiek die lande waar die siekte nog nie voorheen was nie.

In Suid-Afrika is reeds twee gevalle aangemeld en in albei gevalle het die mense nie iewers heen gereis nie.

Ghana en Marokko het ook die eerste keer die siekte aangemeld.

DIE WGO se streeksdirekteur in Afrika, dr. Matshidiso Moeti, sê 109 gevalle is in nege lande aangemeld wat vir die eerste keer monkeypox het.

"In Suid-Afrika se geval lyk dit of die mense wat dit het nêrens gereis het nie. Dit is kommerwekkend omdat Suid-Afrika ver is van enige land met 'n geskiedenis van monkeypox."

In Afrika is 1 821 gevalle al aangemeld en wêreldwyd 4 500. - Eyewitness News.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees