Kenners sê oor aappokke

akkreditasie
monkey wat? Morris du Preez sê hy het nog nooit van die gevreesde monkey pox gehoor nie.
monkey wat? Morris du Preez sê hy het nog nooit van die gevreesde monkey pox gehoor nie.

EERS het Caesar hom obsternaat gehou in die movie Planet of the Apes.

Toe maak die ou ’n comeback in die harde lockdown toe rokers al wat twak is, moes rook.

Nou het Caesar weer met sy aapstreke begin met die bevestigde uitbreek van die gevreesde aappokke-virus in die land.

Nadat die twee gevalle op 23 en 28 Junie geïdentifiseer is, kan Suid-Afrikaners nie geblameer word as hulle dalk vrees dat aappokke die avatar van Covid Reloaded is nie.

Veral Kapenaars is nou ook effe kriewelrig met die bevestiging dat die tweede geval van die virus in die Moederstad voorgekom het nadat ’n 32-jarige man positief getoets is vir die siekte.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NIOS), ’n afdeling van die nasionale gesondheidslaboratoriumdiens, het in twee verklarings bevestig dat albei die mans geen onlangse reis-geskiedenis gerapporteer het nie.

“Kontak-opsporing het begin om enige ander verwante gevalle van aappokke in Suid-Afrika te identifiseer.

“Isolasie van bevestigde gevalle maak voorsiening vir die voorkoming van oordrag en onderbreking van die oordrag-sik­lus.

“Op die oombliks is dit nie bekend of die eerste en tweede geval met mekaar verband hou nie,” lui die verklaring.

Sedert Mei is aappokke in meer as 4 000 individue van verskeie Europese lande, die Verenigde State van Amerika, Kanada, Australië, Marokko en die Verenigde Arabiese Emirate aangemeld.

Dit is die eerste uitbreking van aappokke in so ’n handvol lande en is reeds die grootste uitbreking van die virale infeksie wat aangeteken is.

Die NIOS sê persoon-tot-persoon-oordrag behels noue kontak met ’n besmette persoon of materiaal wat deur ’n besmette persoon besmet is.

“Persoon-tot-persoon-oordrag behels noue kontak, byvoorbeeld soen, cuddle en seksuele kontak met ’n besmette persoon of materiaal wat deur ’n besmette persoon besmet is, byvoorbeeld die deel van linne, klere en ander huishoudelike items.

“Hoewel die data aandui dat persone met veelvuldige seksmaats ’n verhoogde risiko inhou om aappokke op te doen, kan enige persone die virus opdoen as hulle noue kontak met ’n besmette persoon gehad het.

“Die virus is nie hoogs oordraagbaar nie en noue fisieke kontak is nodig vir oordrag.

“Dit versprei nie soortgelyk aan griep of die Sars-CoV-2-virus nie.

“Aappokke kom voor met ’n akute siekte wat gekenmerk word deur koors en algemene griepagtige simptome, gevolg deur die verskyning van ’n blaasagtige uitslag op die vel.

“Die siekte verdwyn gewoonlik binne twee tot vier weke en die voorkoming van die infeksie hang af van die isolasie van gevalle totdat individue ten volle herstel is,” lui die NIOS se verklaring verder.

Volgens die NIOS word die seldsame virus gehuisves deur sekere knaagdier-spesies in diep beboste gebiede van sommige lande in die Wes- en Sentraal-Afrika-streek.

Voorbereid

Die instituut bevestig ook dat Suid-Afrikaanse diere geen risiko van aappokke- infeksie inhou vir inwoners nie.

Die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand het in ’n verklaring gesê hy is voorbereid en gereed om op enige gevalle te reageer.

“Lede van die publiek wat simptome soortgelyk aan aappokke ervaar, word versoek om na hulle naaste gesondheidsorgfasiliteit te gaan.

“Klinieke word versoek om die ondersoekvorms in te vul en monsters vir toetsing in te dien.

“Die meeste menslike gevalle van die aappokke-virus benodig geen spesifieke behandeling nie en die siekte gaan vanself weg.

“Behandeling is simptomaties en ’n dokter kan medikasie voorskryf om pyn, koors en ander ongemak te behandel.

“Ernstige gevalle kan voorkom by kinders, swanger vroue en in individue wie se immuniteitstelsel onder druk is,” maan die departement.

’n Vinnige questioning onder Sonlanders het ’n wye verskeidenheid responses opgelewer.

Daar was diegene wat nog nooit van die siekte gehoor het nie, ander wat glo dit het met vullis te doen en selfs diegene wat van mening is dat seksuele oriëntasie iets daarmee te make het.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees