
DIE nasionale instituut vir oordragbare siektes veroordeel die reaksie van sommige Suid-Afrikaners ná die eerste geval van monkeypox in die land aangekondig is.
Toe die Corona-virus, wat in China ontdek is, uitgebreek het, was daar 'n anti-Asiese rassisme wat sy kop uitgesteek het.
Dis nou dieselfde met monkeypox waar homoseksuele mans getarget word.
Om monkeypox te kry, moet jy fisiek in kontak met iemand wees.
Die uitbreek van monkeypox raak meestal gay mans. Dit is ook bevestig deur prof. Koleka Mlisana van die National Health Laboratory Service.
"Daar het gevalle van monkepox in areas uitgebreek waar dit nie-endemies is. In die 1 500 gevalle wat wêreldwyd aangemeld is, kom dit hoofsaaklik van mans wat seks met ander mans het. Die minister van gesondheid, Joe Phaahla, is reg as hy sê die trend is dat net 'n sekere groep dit kry."
Donderdag is 'n 30-jarige man van Johannesburg positief getoets.
Toe gesondheids-owerhede sê die meeste mense wat dit optel is onder die LGBTQI+ mans, toe het die insults begin inkom.
Die NICD sê enigiemand kan monkeypox kry. - The South African en NICD