Gemiddelde salaris van werkers val

akkreditasie
Inflasie gaan sorg dat dinge baie erger word in die land.
Inflasie gaan sorg dat dinge baie erger word in die land.
Foto ter illustrasie: iStock

DIE gemiddelde salaris van Suid-Afrikaners het in Mei erg geval.

Dit is ook in 'n tyd dat kospryse en petrol baie duurder geword het.

Die land se gemiddelde inkomste het in Mei met 6.,7% geval tot R14 696. Teen die einde van April was die gemiddelde salaris nog R15 193.

BankServAfrica  sê data wys verlede jaar die tyd was die gemiddelde salaris R14 817.

"Verbruikers maak sowat 63% uit van die bruto binnelandse produk en dinge in Suid-Afrika kan vorentoe erger word.

"Hoër inflasie, duurder kos en petrol styg. Dit het groootliks te make met die oorlog tussen Rusland en Ukraine."

'n Onafhanklike ekonoom, Elize Kruger, sê inflasie gaan meer styg.

Volgens BankServAfrica het salarisse wel geval, maar meer mense verdien 'n inkomste en dit is meer as in 2020.

"Mense wat nou salarisse kry is op dieselfde vlak as Augusstus 2019.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees