Fase-6 beurtkrag vanaf 16:00

akkreditasie
Eskom gaan fase-6 beurtkrag in werking stel.
Eskom gaan fase-6 beurtkrag in werking stel.

FASE-6 beurtkrag gaan vanaf 16:00 tot 22:00 Dinsdag in werking gestel word.

Dit sal dan tussen 22:00 en middernag weer na fase-4 verslap word, waarna fase-2 tot Woensdagoggend 05:00 sal inskop.

Fase-4 sal Woensdag vanaf 05:00 en 16:00 weer in werking wees waarna daar weer na fase-6 tot 22:00 oorgeskakel sal word.

Die eskalering is weens die staking van Eskom-werkers wat groot ontwrigting by die maatskappy se kragaanlegte veroorsaak.

"Dit het Eskom genoop om voorsorgmaatreëls te tref om opwekkapasiteit te behou en kragaanlegte van beskadiging te beskerm," lui die maatskappy se verklaring.

"Daar is 'n hoë risiko dat die fase van beurtkrag dalk enige tyd kan verander afhangend van die toestand van die aanleg."

Altesaam 3218MW is tans onbeskikbaar weens beplande instandhouding, terwyl 17 621MW weens breakdowns onbeskikbaar is.

Drie van die 10 opwekeenhede wat deur die nag getrip het, is weer aanlyn, maar was steeds nie genoeg om die land van fase-6 beurtkrag te red nie.

Beurtkrag skedules

Wanneer jy die skedule lees, weet watter nommer is jou area of dorp en kyk op die dag van die maand onder die betrokke fase wat toegepas word.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees