Fase-6 beurtkrag steeds op die menu

akkreditasie
Eskom gaan steeds fase-6 beurtkrag in werking stel.
Eskom gaan steeds fase-6 beurtkrag in werking stel.
Getty Images

HOEWEL sommige van Eskom se stakende werkers reeds weer aangemeld het vir werk, is dit nie genoeg om Suid-Afrikaners Woensdag van fase-6 beurtkrag te red nie.

Fase-6 tree Woensdag vanaf 16:00 tot 22:00 weer in werking.

Tussen 22:00 tot 00:00 sal dit na fase-4 verslap word, waarna fase-2 weer tot 05:00 op Donderdag in werking sal wees.

Fase-4 sal Donderdag vanaf 05:00 tot 00:00 geïmplementeer word, met fase-2 wat vanaf middernag tot 05:00 Vrydagoggend in werking sal wees.

Eskom sê in 'n verklaring hoewel sommige werkers aangemeld het vir werk by van hul kragaanlegte, is daar steeds 'n hoë vlak van afwesigheid.

"Weens die onwettige staking moes roetine-instandhouding uitgestel word. Dié agterstand gaan dae tot weke neem of uitgewis te word. Dit is daarom belangrik om kennis te neem dat die stelsel onder druk sal bly en kwesbaar sal wees vir bykomende breakdowns terwyl herstelaktiwiteite aan die gang is."

Volgens die kragreus kan hulle ook nie sommige van die aanlegte in werking kry nie, wat hulle dwing om voorsorgmaatreëls te tref. Dit beteken dat die fase van beurtkrag ook enige tyd kan verander.

Altesaam 3161MW is tans onbeskikbaar weens beplande instandhouding terwyl 17395MW weens breakdowns buite werking is.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees