Eskom-krisis nie regering se skuld, sê Mantashe

akkreditasie
Gwede Mantashe
Gwede Mantashe
GCIS

GWEDE Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, sê die regering kan nie geblameer word vir die krisis waarin Eskom hom bevind nie.

Die kragreus is op sy knieë en fase-6 beurtkrag word nou toegepas.

Mantashe en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het erg onder skoot gekom vir dié gemors.

'n Kabinetsvergadering is Woensdag gehou om daaroor te praat.

"Dis onregverdig om my en die regering te blameer. Wat moet ek met Eskom doen as minister van minerale hulpbronne en energie? Eskom is 'n saak vir openbare ondernemings.

"Maar ondanks dit het die regering 'n ekstra myl geloop om programme in plek te stel vir die tekortkominge by Eskom.

"Ons implimenteer die programme aggressief, maar dinge raak net erger by Eskom."

Mantashe het verwys na die Renewable Energy Independent Power Producer Procurement Programme wat by die kragnetwerk gevoeg is. - News24

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees