DIE aangenome dogter van 'n EFF-LP Kenny Motsamai is verkrag en vermoor.
Motsamai het gesê sy dogter, die 14-jarige Lindokuhle Makotshi, is Maandag deur 'n 25-jarige man van Katlehong aan die Oos-Rand in Gauteng verkrag. Dit is in dieselfde area waar sy saam met haar suster en ouma bly.
Motsamai en sy vrou bly in Sebokeng.
'n Woordvoerder van die nasionale vervolginggesag Phindi Mjonondwane sê die verdagte is gearresteer.
'n Klag van moord is bygesit nadat sy deur die man vergiftig is en sy later gesterf het.
Die man het na die verkragting vir die 14-jarige slap chips en chocolate met gif in gegee.
Motsamai sê hy het Maandag 'n oproep van die ouer suster gekry en gesê sy het verdwyn en hulle kan haar nie kry nie.
"Ek het soontoe gery toe word ek gebel om te sê sy is by die huis. Sy het my vertel sy is verkrag.
Sy het gesê die man het haar 'n chocolate en chips gegee.
Motsamai sê hy het self na die man se huis gery en hom gearresteer.
Makotshi het siek begin raak en is hospitaal toe geneem waar sy later gesterf het.
Sy is vermoedelik met rottegif vermoor.
Motsamai was voorheen 'n bevelvoerder van die Azanian People's Liberation Army (Apla). - TimesLive