Eerste geval van monkeypox in SA

akkreditasie
Daar is een geval van mokeypox is Suid-Afrika aangemeld.
Daar is een geval van mokeypox is Suid-Afrika aangemeld.
AP

DIE Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (NICD), het bevestig dat 'n geval van ‘monkeypox’ Donderdag deur laboratoriumtoetse by die NICD geïdentifiseer is.

Dit is glo 'n 30-jarige man van Gauteng wat daarmee gediagnose is. Hy rapporteer geen onlangse reisgeskiedenis nie.

Kontak-opsporing het begin, wat enige bykomende gekoppelde gevalle van monkeypox in Suid-Afrika kan identifiseer.

Monkeypox is 'n seldsame virus-infeksie by mense.

Sedert Mei 2022 is die virus deur meer as 3 000 individue van verskeie Europese lande, die VSA, Kanada, Australië, Marokko en die Verenigde Arabiese Emirate aangemeld.Dit is die eerste multi-land-uitbreking van pokke, en reeds die grootste uitbreking van pokke wat aangeteken is.

Die gevalle tot op datum behels meestal individue wat hulself identifiseer as mans wat seks met mans het. Risikofaktore sluit in om verskeie seksmaats te hê.

Daar word vermoed dat onlangse groot sosiale geleenthede as superverspreider-geleenthede kon gedien het.

Persoon-tot-persoon-oordrag behels noue kontak (byvoorbeeld soen, cuddling, seksuele kontak) met 'n besmette persoon of materiaal wat deur 'n besmette persoon besmet is (byvoorbeeld om linne, klere en ander huishoudelike items te deel).

Die virus is nie hoogs oordraagbaar nie en noue fisieke kontak is nodig vir oordrag.Dit versprei nie soortgelyk aan griep of die SARS-CoV-2-virus nie.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees