
Die vermeende dwelmbaas is in sy ghrênd voertuig doodgeskiet.
Foto ter illustrasie
'N VERMEENDE dwelmbaas is Donderdag buite die hekke van die Lenmen Shifa Private Hospitaal in Sydenham, Durban in KwaZulu-Natal doodgeskiet.
Daar word vermoed dat dit 'n hit kan wees.
Die man se naam is bekend aan TimesLive. Hy het in sy wit Mercedes SUV in Randles-straat gesit toe hy geskiet is.
Nog iemand in die kar is raakgeskiet, maar hy het oorleef.
Bronne sê dis drug related omdat die area bekend is vir bendes. - TimesLive