Adjunkspeaker in Gauteng gaan wel vervolg word

akkreditasie
Vuyo Mhlakaza-Manamela, adjunkspeaker van die Gautengse wetgewer.
Vuyo Mhlakaza-Manamela, adjunkspeaker van die Gautengse wetgewer.
Papi Morake

DIE Gautengse wetgewer se adjunkspeaker, Vuyo Mhlakaza-Manamela, gaan vervolg word op klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en crimen injuria.

Dit is nadat sy na bewering 'n swanger sers. Lizzy Mojapelo van die polisie se beskermings-en-sekuriteitsdienste sleggesê en aangerand het.

Die saak is verlede jaar teruggetrek nadat senior aanklaers glo aan Mojapelo gesê het die saak sal moeilik vervolg word omdat die verdagte ’n baie hoëprofielpersoon is.

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het egter besluit om Mhlakaza-Manamela wel te vervolg nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid twee weke gelede aan hulle geskryf het.

Adv. Andrew Chauke, Gauteng se direkteur van openbare vervolgings, het in 'n brief aan AfriForum se privaatvervolgingseenheid gesê: “Nadat die inhoud van die dossier, u versoek vir ’n nolle prosequi-sertifikaat en die verslag van die betrokke senior staatsaanklaer bestudeer is, is hierdie kantoor tevrede dat daar ’n prima facie-saak teen Nomvuyo Mhlakaza-Manamela is en dat die saak teen haar nie teruggetrek moes word nie.

“Hierdie kantoor het ’n opdrag aan die hoofaanklaer uitgereik dat Nomvuyo Mhlakaza-Manamela vervolg moet word op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en crimen iniuria. Die betrokke senior staatsaanklaer wat die saak teruggetrek het, is tereggewys.”

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, sê die NVG se besluit is ’n oorwinning vir die beginsel van gelykheid voor die reg.

"Ons sal verseker dat politici nie teen vervolging verskans word nie. Alhoewel ons moes verseker dat geregtigheid uiteindelik geskied, wil ek adv. Chauke en sy kantoor komplimenteer vir sy oortuiging en bereidwilligheid om te aanvaar dat ’n fout gemaak is en om die vervolging van me. Mhlakaza-Manamela te beveel.”

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees