150 voetsoldate toets fiksheid

akkreditasie
staal: Vonne Schaffer van 5 SA Infantry Bataljon in KZN wys van watter stoffasie sy gemaak is.
staal: Vonne Schaffer van 5 SA Infantry Bataljon in KZN wys van watter stoffasie sy gemaak is.

WIE is die fiksste voetsoldaat?

Dis die vraag wat onlangs aan sowat 150 voetsoldate by die SA Infantry 9 Bataljon-uitdunne gevra is.

In dié kompetisie het lede van oor die land heen kom wys hoe fiks hulle is. Lede moes hulle staal wys met draf, ’n obstacle course en items waarin hulle moes gereedskap dra, skiet en swem.

Lt.kol. Victor Moshega van SA Infantry Bataljonne in Pretoria het met Son gepraat.

“Ons het dié ronde van die kompetisie Fiksste Soldaat hier in Eersterivier by 9 Suid-Afrikaanse Infantry Bataljon gehou.

“Al die afdelings van die SANW neem op nasionale vlak deel aan die SANW Fiksste Soldaat.

“Sowat 150 voetsoldate, van wie 25 vroue en 125 mans, het hier in Eersterivier deelgeneem.

“Hulle moes hulle fiksheid bewys in alle afdelings van die kompetisie. Van draf, ’n obstacle course, die dra van gereedskap, skiet en swem is van die items waarop soldate beoordeel word.”

Die rondte vind oor vier dae plaas.

In die onlangse final is ’n span gekies om die SA Infantry te verteenwoordig in die na­sionale kampioenskap se final, wat in Augustus gehou gaan word.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees