WhatsApp sê meisie is geskors

akkreditasie
Gaynor Groep sê die Sekondêre Skool Rosendaal het haar dogter, Kevlynn Groep (19), en haar hele familie baie pyn en lyding veroorsaak.
Gaynor Groep sê die Sekondêre Skool Rosendaal het haar dogter, Kevlynn Groep (19), en haar hele familie baie pyn en lyding veroorsaak.
Anele Mfazwe

’N GEVAL van ’n gruwelike misverstand, of gruwelike onmenslikheid.

’n Matrikulant aan die Sekondêre Skool Rosendaal in Delft, Kevlynn Groep, sê sy is platgeslaan nadat haar skool haar geskors het.

Maar die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) sê by monde van ’n woordvoerder, Millicent Merton, ’n skaars soort kanker, wat haar baarmoeder so erg aangetas het dat dokters dit moes verwyder, is vroeër by Kevlynn gediagnoseer.

Afsprake

Sy het toe maande lank chemoterapie gekry en kon lank nie skool bywoon nie.

Kevlynn (19) sê sy is onlangs deur haar onnie vertel sy is geskors toe sy haar op WhatsApp gevra het om haar skoolwerk wat sy by die huis kan doen, aan te stuur.

Skool
Die Sekondêre Skool Rosendaalsê hy dra nie kennis van die skorsing nie.

Met Son se aankoms by haar huis gister in Voorbrug was sy te skaam om uit haar slaapkamer te kom.

Sy het liewer verkies om ’n brief te skryf waarin sy sê hoe sy voel oor haar behandeling deur die skool.

Kevlynn sê: “Ek het nie eintlik geweet wat om terug te sê toe my onderwyser daardie boodskap vir my gestuur het nie. Ek het net gevoel ek is nou klaar (met skool) en gaan nie meer probeer nie. Ek het gevoel dat ek nie meer die chemo nodig het nie, omdat ek in elk geval een dag niks sal bekom nie.

“Al die jare het ek my dood gewerk om matriek te haal en nou is alles weggevat.”

Kevlynn se ma, Gaynor, sê haar dogter is “deur hel” sedert sy siek geraak het en moes operasies en chemoterapie ondergaan.

“Sy is die meeste van die tyd moody en sy is nie lus om te eet nie. Die hele ding raak haar emosioneel. Sometimes huil sy as gevolg van haar emosies. Dan is dit nie eers pyn of wat nie, maar sy huil net. Daar is ’n klomp goed wat sy moes deurgaan as gevolg van die kanker. Die feit dat haar baarmoeder op so ’n jong ouderdom verwyder is, maak dinge erger.

Brief
In dié brief aan die skool word uiteengesit wat Kevlynn Groep se mediese toestand is nadat ’n skaars tipe kanker by haar gediagnoseer is.

“En dan sit hulle (die skool) nog dié op haar? Dis mos nie reg nie. Ek het al twee afsprake met die skoolhoof gehad.

Ondersteun

“Maar elke keer as ek by die skool gaan, is die hoof nie beskikbaar nie. Dit wys maar net die skool wil nie dié saak oplos nie.”

Merton sê Kevlynn is nie geskors nie. “Die skool gaan altyd die ekstra myl om leerders te ondersteun, veral in omstandighede soos hierdie.

“Die skoolhoof het ’n oopdeur-beleid en was nie bewus van enige pogings van die ouer om haar te kontak nie. Die skool gaan weer kontak met die ouer maak om oor die aantygings te praat.”

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees