HONDERDE werkers by die Pep Clothing-fabriek in Parow het Vrydag gestaak.
Dit kom nadat daar geld by die fabriekswerkers se pay oor loadshedding afgetrek is.
Marlesha Marinus, een van die werkers, beweer hulle is nou gatvol vir die bestuur van Pepcor oor hulle elke week met peanuts moet huis toe gaan oor loadshedding.
'n Omgekrapte Marinus sê: “Die eerste twee ure van loadshedding word afgetrek, maar dan moet hulle ons vir die ander ure betaal. Dit gaan nou al vir maande só en ons kan nie eers ons skuld betaal nie.”
Volgens Marinus wag hulle op die shop stewards om te hoor wat die volgende stap is. Sy beweer hulle gaan nie terug alvorens daar 'n oplossing bereik is nie.
Sommige werkers beweer hulle moet hul etenstye tydens loadshedding neem, maar steeds word daar geld by hul pay afgetrek.
Die hoof van die menslike hulpbronnedepartement, Liezel Crawford, het aangedui dat hulle nie kommentaar gaan lewer nie.
Sy het gesê dat die bestuur besig is om met die werkers te onderhandel en 'n oplossing probeer vind.