Werkers ruk teen crime op

akkreditasie
Selena Jegels
Selena Jegels
Anele Mfazwe

“ONS het dié dag opgeoffer om te wys dat ons ernstig is.”

Só sê werkers wat Donderdag aan Cosatu se betoging deelgeneem het. Sowat 250 mense het na die Civic Centre, die Wes-Kaapse regering én die Nasionale Vergadering, opgeruk.

Dié march was teen gewelddadige misdaad, veral geslagsgebaseerde misdaad en die hoër pryse van brandstof. Selena Jegels van Leiden in Delft, ’n werknemer van R.W. Design en ’n Sactwu-lid, het gereageer op premier Alan Winde se uitlatings dat die betoging onnodig was.

Jegels sê: “Ek dink nie dis reg (om te sê dis onnodig). Ons sal liewer ons inkomste verloor. Ons het dié dag opgeoffer om vir hulle te wys dat ons ernstig is.

“Ons gee nie om vir die geld wat ons verloor nie. Ons het die geld nodig – ons gee egter nie om oor vandag se geld wat ons gaan verloor nie.”

Angeline Stevens van Mitchells Plain sê sy het ook aan die march deelgeneem, want sy is moeg van die misdaad in haar area.

“Ek bly in die ghetto’s waar hulle elke dag skiet. Dis te erg. Dis tyd dat die regering ’n stop daaraan sit. Die hele regering – van local tot national level.”

Samoen Osman sê as ’n onnie sien hy die effek van misdaad en ’n gebroke samelewing “op ’n daaglikse basis” in sy skool.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
52% - 298 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees