Water nou weer veilig om te drink

akkreditasie
Volgens die Stad is monster getoets en is die water nou veilig om te drink.
Volgens die Stad is monster getoets en is die water nou veilig om te drink.
Janice Whitelaw/Witness Media

KRAANWATER is nou weer veilig om te drink.

Dit is nie meer nodig om water in dele van Kaapstad te koop nie.

Die Stad Kaapstad sê in ‘n verklaring Saterdagaand dat die kookkennisgewing vir dele van die metro gelig word.

Areas soos die Strand, Khayelitsha, Philippi sowel as Plumstead en tot by Muizenberg op die suidelike voorstede was hierdeur geraak.

Luidens die jongste monsteruitslae is dit veilig om kraanwater te drink.

“Die verkleuring wat in dele van die oostelike, sentrale en suidelike voorstede ervaar is, is opgelos.”

Volgens die Stad is monster getoets en is die water nou veilig om te drink.

“Dit beteken dat inwoners in die gebiede wat geraak is nie meer hul water hoef te kook voordat hull dit drink nie.

“Die monsteruitslae toon die water-gehalte voldoen aan die nasionale standard vir drinkwater, en veilig vir gebruik.

“Inwoners in gebiede wat aangeraai was om voorsorg te tref, hoef dit nie meer te doen nie.”

Die Stad maan wel: “Indien huise se geisers steeds verkleurde water bevat moet inwoners dit laat opklaar voordat dit vir drink- of kookdoeleindes gebruik word.” 



Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 297 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees