SHIREEN Essop (32) van Manenberg het Maandagmiddag verdwyn.
Sy was Maandagmiddag omstreeks 14:00 laas gesien, waar sy in haar wit Toyota in Weltevredenstraat in Philippi was waar sy werk.
Haar voertuig is laatmiddag verlate in Khayelitsha gekry.
Essop is middelmatig gebou en 1.65m lank.
Sy het laas 'n swartbroek en mosterdkleurige top aangehad.
Sers. Wesley Twigg, 'n polisiewoordvoerder, sê die polisie kan bevestig 'n 32-jarige vrou is sedert 14:00 Maandagmiddag vermis.
"Die omstandighede rondom haar verdwyning word ondersoek."
Mense met inligting kan CrimeStop bel op 08600 10111.