Vreugdevolle opera-‘jakkals’ word gegroet

akkreditasie
James Bhemgee is Saterdagoggend uit die Orion Internasionale Kerk in Rocklands, Mitchells Plain begrawe.
James Bhemgee is Saterdagoggend uit die Orion Internasionale Kerk in Rocklands, Mitchells Plain begrawe.
Anele Mfazwe

“Vreugdevol, bewonderenswaardig, majestueus, uitsonderlik en sensasioneel.”

Só is die opera-sanger, James Bhemgee, Saterdagoggend beskryf. Dit was by sy begrafnisdiens in die Orion Internasionale Kerk in Rocklands, Mitchells Plain.

Bhemgee (57), oorspronklik van Kalksteenfontein, is op 21 Junie ná ? kort siekbed in die hospitaal oorlede.

'n Vriend uit sy kinderdae, James Britz, sê Bhemgee was 'n “baie onderdanige ou”. Bhemgee was die wenner van die 2010-seisoen van SA's Got Talent.

“Hy (Bhemgee) het nie getalm om sy laaste aan iemand anders te gee nie.

“En hy hoef nie eers vir jou te geken het nie. Nadat hy vir SA's Got Talent gewen het, het hy na Rocklands verhuis, maar hy het nog steeds vir ons in Kalksteenfontein besoek.

“En as hy Kalksteenfontein besoek het, het hy seker gemaak hy groet almal.”

Volgens Britz was Bhemgee ? gemeenskapswerker, want hy het die jeug vanuit die strate gevat deur hulle besig te hou met sokker.

Bhemgee se niggie, Mary Ann Goedeman wat die obituary gelees het, sê Bhemgee het nooit van sy familie vergeet nie.

Selfs nadat sy musiek loopbaan die hemel in geskiet het nie.

Volgens Goedeman het Bhemgee elke keer as hy van oorsee af teruggekeer het, seker gemaak sy suitcase is vol “met ? bietjie-iets vir ons almal”.

Sy voeg by op ? ligter noot: “Hy het dan popular geraak en soveel van 'n ladies man geraak dat my ouma hom ‘jakkals’ genoem het.”

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees