Volle Fritz-verslag ‘sal slagoffers expose’

akkreditasie
Adv. Jennifer Williams
Adv. Jennifer Williams
Skermgreep/YouTube

DIE bekendmaking van die volle verslag oor die bewerings teen die afgedanke Wes-Kaapse minister van gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, sal die slagoffers se identiteit verklap.

So se adv. Jennifer Williams, wat die bewerings teen Fritz ondersoek het.

Williams was Woensdagoggend in die Wes-Kaapse wetgewer deel van die staande komitee van gemeenskapsveiligheid, kultuursake en sport se inligtingsessie.

Sy het geantwoord op opposisiepartye se eise dat die volle verslag bekendgemaak word sonder die slagoffers se name. Die Wes-Kaapse VF-leier, Peter Marais, was die enigste LPP wat geëis het dat die name ook bekendgemaak word.

Williams het in reaksie daarop gesê die bekendmaking van die presiese besonderhedes van die voorvalle sal die slagoffers expose.

As jy in ag neem hoe klein die departement van gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap is, sal die bekendmaking van die volle verslag "'n grap maak van die vertroulikheid", sê Williams verder.

As jy in ag neem hoe klein die departement van gemeenskapsveiligheid in die Wes-Kaap is, sal die bekendmaking van die volle verslag "'n grap maak van die vertroulikheid".
Adv. Jennifer Williams

Sy het bygevoeg die verslag van 81 bladsye hou verband met voorvalle wat tussen 2018 en 2021 plaasgevind het, waavan sommige buite die kantoor tydens werksreise gebeur het.

Volgens haar is daar vier slagoffers in die saak en agt klagtes. Dié klagtes is onvanpaste seksuele kommentare, poging om te soen, soen sonder toestemming en seksuele omgang.

Premier Alan Winde het gereageer op vroeër vrae van die opposisiepartye wat gevra het hoe lank het hy van die bewerings teen Fritz geweet en hoekom het hy nie vroeër opgetree nie.

Winde sê hy het geen idee hoekom die slagoffers hom genader het en nie die polisie nie.

Hy het byvoeg enigeen van die LPP's wat inligting het kan self na die polisie daarmee gaan.

Winde het ook gesê die Wes-Kaapse polisikommissaris, lt.genl Thembisile Patekile, het 'n saak geopen in verband met die bewerings van seksuele wangedrag, maar dat die dossier nog leeg is.

Hy het die LPP's uitgedaag om vir Patekile die inligting te gee wat hulle dalk het.

Winde het verder gesê as Fritz sy afdanking wil laat hersien, is dit sy reg om dit te doen.

"Ek is nie daaroor bekommerd nie," voeg hy by.

Winde het saam met Marais gestem dat hy vir Fritz sonder 'n ondersoek kon afgedank.

"Maar ek is iemand wat in behoorlike prosesse glo. Hierdie was iemand met wie ek vir jare gewerk het. Ek kon dit nie glo nie."

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees