Vermiste vrou glo deur boyfriend aangehou

akkreditasie
Hayley April
Hayley April
Foto Verskaf

DIE gemeenskap van Laingville in St. Helena Baai was Donderdag in oproer oor die beweerde ontvoering van ’n jong vrou wat Dinsdag spoorloos verdwyn het.

Hayley April (24) wat voorheen deur haar boyfriend, óók na bewering ontvoer en ernstig aangerand is, het net skielik verdwyn.

Thyrone Williams, ’n woordvoerder vir die familie, het aan Son bevestig dat sy laatmiddag as vermis aangemeld is by hul plaaslike polisiestasie en ’n soektog is dadelik van stapel gestuur.

Volgens Williams het April se mammie hom in kennis gestel dat sy Dinsdagoggend omstreeks 09:00 vermis geraak het toe sy geld by Usave moes gaan afhaal het.

Hy sê toe sy teen 17:40 die aand nog nie huistoe gekom het nie, is sy as vermis aangemeld.

Williams sê nadat sy heelnag soek was, het dit egter aan die lig gekom dat sy na bewering deur haar boyfriend aangehou is sodat sy die aanklagtes van ontvoering, poging tot moord en aanranding met die doel om ernstig te beseer, teen hom moet terugtrek.

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees