KYK | Van Boven is wrede killer

akkreditasie

DAVID van Boven is Maandagmiddag skuldig bevind aan die moord op Jesse Hess en haar oupa, Chris Lategan.

Hy het sy lot in die Kaapse hooggeregshog aangehoor, waar regter Judith Cloete hom as aggresief en arrogant beskryf het.

Cloete het Van Boven skuldig bevind op alle aanklagte, wat verband hou met die gebeure van 30 Augustus.

Van Boven se medebeskuldigde, Tasliem Ambrose, is net op twee aanklagte - roof met verswarende omstandighede en medepligtige - skuldig bevind. 

Ambrose is vrygespreek op die ander klagte.

Cloete sê: “Beskuldigde een (Van Boven) het die aandag geniet wat hy ontvang het en het ’n Jackal and Hyde manier aan hom.

“As hy sy sin kry kan hy charming wees, maar andersins kom hy oor as ’n aggressiewe gewelddadige persoon.”

Sy het Ambrose beskryf as timid en minder intelligent as Van Boven. 

Die paar sal weer op 7 Junie in die hof wees vir voor-vonnis verrigtinge.

Sê jou sê
Is jy al ingeënt
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Ja, ek het al die jab gekry
43% - 1494 stemme
Nee, ek het nog nie die jab gekry nie
20% - 694 stemme
Ek laat my nie steek nie
36% - 1250 stemme
Stem
Jongste Son

24 Mei 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees