Twee vas oor hulle sakevrou afpers

akkreditasie
Die 37-jarige man is na 'n vier jaar lange soektog vandeesweek gearresteer.
Die 37-jarige man is na 'n vier jaar lange soektog vandeesweek gearresteer.
Unsplash

TWEE buitelanders is gearresteer omdat hulle mense dwing om protection-geld te betaal.

Lede verbonde aan die polisie se afpersingspan het Vrydag twee verdagtes aangekeer en R3 500 in hul besit gekry.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig dat die span inligting ontvang het dat twee mans protection-geld eis van ’n buitelandse besigheidsvrou.

Die sakevrou besit ’n winkel in Grabouw en twee in die Strand-area.

“Die verdagtes, albei woonagtig in Bellville, het ’n maandelikse betaling van R7 000 geëis.

“’n Operasie is uitgevoer wat gelei het tot die arrestasie van die twee buitelandse burgers van onderskeidelik (34 en 38).

“Hulle verskyn Maandag in die Grabouw-landdroshof,” sê Van Wyk.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
52% - 298 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees