Twee Ters-bedrieërs kry bail

akkreditasie
Twee verdagte wat laasweek gearresteer is in verband met bedrog van sowat R600?000 is elk op R1?000 borgtog vrygelaat.
Twee verdagte wat laasweek gearresteer is in verband met bedrog van sowat R600?000 is elk op R1?000 borgtog vrygelaat.
foto ter illustrasie

TWEE mense wat laasweek gearresteer is in verband met bedrog van sowat R600?000 is elk op R1?000 borgtog vrygelaat.

Robert Baatjies (62), ’n boekhouer, en Christiaan Mathews (70), het vlugtig Donderdag op dié klag in die Atlantis-landdroshof verskyn. Mathews is ’n direkteur van ’n maatskappy, NC Enterprise.

’n Valke-woordvoerder, Zinzi Hani, sê dit was nadat hulle vroeër op dieselfde dag in hegtenis geneem is.

Hani verduidelik Baatjies en Mathews is gearresteer in verband met valse eise van R666 ?920 wat namens vyf maatskappye by die Temporary Employer-Employee Relief Scheme (TERS) gemaak is en omdat hulle na bewering daaruit finansiële baatgevind het.

Volgens haar, het die Valke se eenheid van ernstige misdrywe dié duo in hegtenis geneem voordat hulle by die hof verskyn het.

“Hulle is later elk op R1?000 se borgtog vrygelaat,” voeg Hani by.

Daar word verder beweer dat die beskuldigdes (Baatjies en Mathews) vir 79 ghost werknemers eise ingedien en het onbehoorlik daaruit baatgevind.

“Die book-keeper (Baatjies) is na bewering 10% van elke eis wat ingedien is, betaal. En die direkteur (Mathews) het ’n sekere porsie van die geld aan die vyf maatskappye betaal en die res vir homself gehou.”

Die TERS-eise namens die vyf maatskappye was tussen Maart en Desember 2020 ingedien, voeg Hani by.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 67 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 5 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 297 stemme
Ons is posh en het fibre!
36% - 208 stemme
Stem
Jongste Son

18 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees