
‘n Patoloog en ‘n expert in die studie van menslike beendere het vandag in die Kaapse hooggeregshog getuig in die moordsaak van klein Tazne van Wyk.
Hul getuienis het beskryf watter beserings die klein meisie opgedoen het.
Van Wyk (8) het op 7 Februarie 2020 verdwyn toe sy op pad na die tuck shop in hul straat in Elsiesrivier was.
Haar erg ontbinde lyk is twee weke later in ‘n stormwaterpyp langs die N1 naby Worcester gekry. Die beskuldigde, Moehydien Pangaker (56), het onskuldig gepleit op die klagte teen hom.
Hy face 27 klagte, waaronder moord, ontvoering en verkragting. Hy is twee dae voordat Tazne se ontbinde lyk gevind is, gearresteer.
Die patoloog, dr. Ingrid Herbst, het getuig van beserings wat Tazne aan haar nek, bors en kop opgedoen het.
Dr. Louis Friedland het weer getuig oor die beserings aan Tazne se beendere. Die court het ook gehoor dat Tazne seksueel gemolesteer of ‘n stomp voorwerp in haar opgedruk is.
Getuienis is gehoor van die kind se pelvis wat verskuif het soos ‘n minderjarige kind wat geboorte gegee het. Die verhoor gaan voort.