‘Sy was bang, bang, bang’

akkreditasie

DIE buurtwag wat die ontvoerde Shireen Essop Vrydagaand gevind het, het kort voor dit ’n ander vrou uit die kloue van ’n verkragter gered.

Terwyl lede van die Klipfontein Mission Station-buurtwag die vrou na ’n vulstasie geneem het waar cops gewoonlik koffie koop, het hulle op Essop afgekom.

Die 32-jarige Essop was uiters getraumatiseer en het aan hulle vertel van die hel waardeur sy gegaan het terwyl sy drie weke lank in Khayelitsha aangehou is.

shireen essop
Shireen Essop is in Philippi ontvoer.

Sy het ook Vrydagaand aan haar heroes van die buurtwag vertel hoe haar ontvoerders aan haar gesê het dat sy eintlik die verkeerde teiken was. Sy het gesê dat sy nie ontvoer moes word nie.

Essop is met ’n Toyota-voertuig op ’n donker pad afgelaai en haar ontvoerders het ’n paar rand in haar hand gedruk en haar aanwysings gegee hoe sy by haar huis in Manenberg kan uitkom.

Volgens Rachel Stemmet, een van die buurtwaglede, het Essop, ’n ma van twee kinders, op haar skouer gerus kort nadat hulle op haar afgekom het by die BP-vulstasie.

Volgens Stemmet loop hulle nooit aan daardie kant van die wêreld nie en het sy self haar lewe gewaag.

Klipfontein Mission Station-buurtwag
Die Klipfontein Mission Station-buurtwag patrolleer die area dag en nag om die gemeenskap te beveilig.

Wag

“Toe ons by die garage kom, het ons ’n polisie-vên gekry vir die dame, maar die polisieman het gesê hy kan ons nie help nie oor hulle nie ’n polisievrou by hulle het om haar weg te neem nie. Hy het gesê hy sal terugkom om ’n polisievrou te gaan haal.

“In die tyd wat ons nog wag vir hom om haar te kom haal, toe loop ons nader aan die winkel se deur. Toe sal ons die dame (Essop) kry.

“Sy het eintlik by Philippi se polisie hulp gesoek, maar hulle het nie note gevat van haar nie.

My ander kollega gaan toe in en vra vir haar wie sy is. Sy sê toe sy is Shireen en sy is gevat op die 23ste van laas maand.

“Sy was bang, bang, bang. Ek het haar omhels en haar vasgehou en sy het vir my ook vasgehou. Sy wou my nie los nie.

“Sy het in my ore gefluister en vir my gesê sy is in Khayelitsha hostage gehou. Sy het vir my gesê hulle het baie dinge met haar gedoen.

“Sy wou my nie los nie. Ek het haar omhels en vasgehou soos my eie dogter.

“Ons het goed na haar gekyk totdat haar mense haar kom haal het.”

Mikayle Solomons, nog ’n buurtwaglid, het aan Son vertel hulle was besig om op alle buurtwaglede te wag om aan diens te kom.

Volgens hom het een van die ander lede hulle oor die radio laat weet hulle het op Essop afgekom.

Solomons sê hoewel sy kollega hom aangeraai het om nie te kom nie, hy te bly was.

mikayle solomons,lyle hendricks
Mikayle Solomons en Lyle Hendricks is van die buurtwaglede wat Shireen Essop veilig gehou het totdat haar man en die polisie haar kom haal het.

Hy vertel: “Ek het die naam herken, want ek het haar ge-follow op Facebook.

“Ek en nog ’n lid, Lyle, het oorgehardloop en toe ek daar kom, toe vra ek haar: ‘Shireen is dit regtig jy?’

Uitreik

“Sy sê toe ‘ja’ en ek bars in trane uit. Ek sê toe vir haar dat ek bly is om haar te sien en dat sy nie hoef te worry nie en ons haar veilig sal hou. Agterna het sy gesien sy kan ons trust en ons het nog vrouens gekontak om oor te kom.

“Sy het alles aan antie Rachel explain wat hulle met haar gedoen het. My nefie het sy foon gegee om haar man te bel.

“Agterna het haar man en die speurders hier opgedaag en sy is weg met hulle.”

Volgens die Klipfontein Mission Station-buurtwag het hulle nog nie persoonlik weer met Essop se familie gepraat nie en wil hulle graag uitreik na hulle.

Nadat haar familie in ’n verklaring gesê het hulle is dankbaar dat sy veilig terug by die huis is, het Son probeer uitreik na hulle, maar hulle het glad nie reageer op telefoonoproepe of boodskappe nie.

’n Woordvoerder van die polisie, kapt FC van Wyk, het bevestig dat Essop saam met haar familie herenig is en dat die polisie steeds ’n saak van ontvoering ondersoek.

Sê jou sê
Wat gebruik jy om Netflix, Showmax, etc te kyk?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
My selfoon data
12% - 53 stemme
Ek het 'n selfoon-kontrak
1% - 4 stemme
Ek het wifi :-)
51% - 227 stemme
Ons is posh en het fibre!
37% - 164 stemme
Stem
Jongste Son

8 Augustus 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees