Swanger cop doodgeskiet

akkreditasie
Daar was Woensdag nog bloedkolle op die stoep in Gilo-straat in Leiden waar konst. Shamiela Arendse (26) doodgeskiet is terwyl sy van diens af was.
Daar was Woensdag nog bloedkolle op die stoep in Gilo-straat in Leiden waar konst. Shamiela Arendse (26) doodgeskiet is terwyl sy van diens af was.
Anele Mfazwe

’N SWANGER cop is in gangster-geweld doodgeskiet.

Die 26-jarige Shamiela Arendse, oorspronklik van Ladismith, is Dinsdagaand in Gilo-straat in Leiden, Delft, doodgeskiet.

Son verneem Arendse en drie ander mense het net voor 19:00 buite die woonstel wat sy gehuur het, gestaan toe daar ’n gang fight in die straat uitgebreek het.

Arendse, wat vyf maande swanger was, is deur verskeie dwaalkoeëls getref.

Daar is vier leë koeëldoppies op die toneel gekry.

’n Woordvoerder van die Delft-buurtwag, Reginald Hills, vertel aan Son skietvoorvalle in die area het die laaste paar maande toegeneem.

toneel
Omstanders en polisiebeamptes staan geskok by die toneel waar Arendse en haar ongebore baba gesterf het.

“Ons is hartseer dat hierdie voorval plaasgevind het, maar ons is realisties en nie eintlik geskok dat dit gebeur het nie, want violent misdaad het die afgelope tyd in ons area toegeneem.

“Daarom het ons gevra vir meer wetstoepassers. Daar is te min law enforcement in die area en die SAPD is understaffed.

“So, ons as die buurtwag kry nie genoeg hulp van wetstoepassers en die SAPD nie.”

Hills voeg by die buurtwag is self ook kwesbaar vir aanvalle, want hulle het nie die nodige veiligheidstoerusting nie.

“Ons het net bibs en T-shirts, wat nie baie help teen die gevare waaraan ons daagliks, en veral in die aande, blootgestel is nie,” sê hy verder.

“Daarom vra ons weer om hulp, want ons het dit baie nodig.

“Misdaad ruk nou handuit in ons area.”

Shamiela Arendse
Shamiela Arendse was vyf maande swanger.

JP Smith, die Stad Kaapstad se mayco-lid vir veiligheid en sekuriteit, explain Delft het reeds die maksimum getal Law Enforcement Advancement Plan (LEAP)-wetstoepassers.

“Delft is ’n massiewe area,” voeg hy by.

“Leiden, Roosendal, ensovoorts.

“Elkeen van daai areas is so groot soos ’n suburb soos Claremont.

“Boonop is daar ander areas wat reeds van alle rigtings vir LEAP-wetstoepassers skree wat nog nie eens een gekry het nie.”

’n Polisiewoordvoerder, brig. Novela Potelwa, het Arendse se dood bevestig. Sy was by die Tafelbaai-hawe gestasioneer.

Die Valke ondersoek die moord op Arendse. Daar is nog geen arrestasies gemaak nie.

Misdaadsyfers wat vroeër vandeesmaand bekend gemaak is, het aangedui 27 polisiebeamptes is in die eerste drie maande van hierdie jaar vermoor.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 76 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
25% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 4 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees