Strontgooier skuldig bevind

akkreditasie

DIE voormalige leier van die omstrede Seskhona-beweging, Andile Lili, is skuldig bevind aan aanhitsing tot geweld.  

Lili was voorsitter van die Seskhona People's Rights Movement wat vir basiese dienste geveg het, veral vir mense wat in plakkerskampe woon. Lili, 'n voormalige ANC-raadslid, is nou 'n LPP vir dieselfde party.

Lili,sowel as sy regterhand, Loyiso Nkohla, en ander prominente lede het op verskeie kere vol strontballies by die Wes-Kaapse wetgewer, die Kaapse internasionale lughawe en op die N2-snelweg gegooi.

'n Woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, Eric Ntabazalila, sê Lili is by die Bellville-landdroshof skuldig bevind aan die bywoning van twee onwettige byeenkomste.

Hy is ook skuldig bevind aan aanhitsing tot moord en aanranding.

Die onwettige byeenkomste het op 12 Augustus 2014 en 28 Julie 2015 buite die Bellville-landdroshof plaasgevind.

Die aanhitsings het op 28 Julie 2015 buite die hof plaasgevind waar Lili onder meer gedreig het om huurmoordenaars na klaers te stuur om hulle te skiet.

Die saak is tot 12 Augustus vir voorvonnisverslae en vonnisoplegging uitgestel.

Sê jou sê
Moet die salaries van Eskom-werkers gesny word oor load-shedding?
Kies asb. 'n opsie Oeps! 'n Fout het ingesluip. Probeer asb. weer.
Resultate
Hulle moenie betaal word nie
47% - 75 stemme
Haai nee, shame - hulle het families
16% - 26 stemme
Eskom se push
26% - 41 stemme
Gee my krag, elke dag
9% - 14 stemme
Wat is load-shedding?
2% - 3 stemme
Stem
Jongste Son

30 Junie 2022

Jongste Son
Klik hier om te lees!
Begin lees